Articles
Sport & School News
08 July 2024

Rustenburg – Laerskool Vastrap se graad 6 tennisspeler, Blayne Nel, het sy vakansie afgeskop met ‘n reeks tennistoernooie wat hom regoor die land geneem het.

Die jong speler het van 23 tot 27 Junie 2024 deelgeneem aan die American Express KZN Super 8 in Durban. Blayne se uithouvermoë en toewyding het gesorg vir ‘n reeks indrukwekkende wedstryde wat sy mededingers behoorlik laat bontstaan het.

Onmiddellik daarna het hy sy pad gevat na Benoni, waar hy vanaf 29 Junie tot 3 Julie 2024 aan die American Express Gauteng East Tennis Association (GETA) Super 8 deelgeneem het. Sy vaardigheid en deursettingsvermoë op die baan het hom in staat gestel om hoog te presteer te midde van sterk kompetisie.

Blayne sluit sy vakansie avonture af met sy beste houe vanaf 4 tot 8 Julie 2024 by die American Express Gauteng Central Super 8 in Ellis Park. Met sy volgehoue pogings en passie vir tennis, voorspel ons groot dinge vir hierdie talentvolle jong speler in die toekoms.

Mooi so, Blayne! Ons is trots op jou!

Photo: Laerskool Vastrap graad 6 tennisspeler, Blayne Nel

Share this article with a friend...