Articles
Crime & Accidents News
08 July 2024

Kroondal – AfriForum se Kroondal-plaaswag het nie op hom laat wag toe inwoners van Rustenburg onlangs onder ‘n geval van diefstal deurgeloop het nie. Deur dié plaaswag, en talle ander rolspelers se pogings is die vermeende dief vinnig opgespoor en aangekeer. Hierdie AfriForum-plaaswag het op 9 Junie 2024 ‘n noodroep ontvang oor ‘n verdagte persoon wat glo ‘n grassnyer in die gebied gesteel het. Met die plaaswag se aankoms op die toneel was die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en ander veiligheidsmaatskappye reeds teenwoordig. Die vermeende dief is deur die SAPD opgespoor en in samewerking met die Kroondal-plaaswag en ander rolspelers in hegtenis geneem. Die grassnyer is ook in die verdagte se besit gevind en op beslag gelê.

“Buurt- en plaaswagte is noodsaaklik in gemeenskappe omdat hulle dien as die verdedigingslyn teen misdaad. Hulle verhoog sigbaarheid en paraatheid in gemeenskappe en speel ‘n sleutelrol in misdaadvoorkoming en -bekamping,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groot-Marico.

Charl Visser, AfriForum se veiligheidsvoorsitter in die gebied, sê dit is van onskatbare waarde vir gemeenskappe om waaksaam te bly en bewus te wees van die gebeure om hulle. “Deur die paraatheid van inwoners kan buurtwagte vinnig optree om misdade te voorkom, daarom moet verdagte aktiwiteite altyd ernstig opgeneem en aangemeld word,” sê Visser.

Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting oor AfriForum se takke, of kontak Visser by 076 344 2469 om by die Kroondal-plaaswag betrokke te raak.

AfriForum mediaverklaring

Foto: Die grassnyer wat in die verdagte se besit gevind is.

Share this article with a friend...