Articles
Sport & School News
13 May 2024

Rustenburg – Hoërskool Rustenburg het op Vrydag 3 Mei 2024, hul jaarlikse Local Area Network (LAN)-aand in die skoolsaal gehou. Die saal was gevul met opwinding en hoë spanning tussen die spelers wat hul rekenaar speletjies vaardighede ten toon gestel het.

Die Akademiese Raad van Hoërskool Rustenburg wil graag PC Worx bedank vir hul bydrae tot die sukses van die aand. ‘n Spesiale woord van dank gaan ook aan MSI, AOC, en Canyon vir hul vrygewige borgskap van die aand se pryse.

‘n Hoogtepunt van die aand was die bekendmaking van die gelukplukprys wenner, graad 12 leerder Anrich Barkhuizen. Baie geluk aan hom en al die deelnemers wat deelgeneem het aan die aand se gebeure. Die LAN-aand was ‘n reuse sukses en het bygedra tot die unieke kultuur van rekenaar speletjies by Hoërskool Rustenburg.

Photo: Leerders bring hul Xbox, PlayStation en rekenaars vir ‘n gesellige LAN-aand vol rekenaarspeletjies. Wie sou kon dink dat die skoolsaal soveel pret sou bied?

Share this article with a friend...