Articles
Sport & School News
10 November 2023

Rustenburg – Hoërskool Rustenburg se 15A-krieketspan het punte geneem teen Hoërskool Nelspruit op Saterdag 4 November 2023 tydens die Noordvaal-liga se semifinaaluitspele. Die Rusties wen die stryd met 102 lopies en teken 268/5 na 50 boulbeurte aan. Hoërskool Nelspruit maak 166/10 in 38.2 boulbeurte. Tydens die kragmetings het die volgende Rustie-leerders uitgeblink: Tristan van der Linde teken 108 lopies (nie uit nie) met die kolf aan en 3/40 met boulwerk. Christiaan Coetzer maak 45 lopies met die kolf, en Thian Labuschagne maak 35 lopies met die kolf. Callie Fryer behaal 3/7 met sy boulwerk. Baie sterkte vir die finaal wat voorlê op 11 November teen Hoërskool Garsfontein!

Photo: Tristan van der Linde is aangewys as kolwer van die wedstryd.

Van links agter: Hoof afrigter Etienne von Gericke, krieketdirekteur Jan van Staden, Thian Labuschagne (onder kaptein), Christivan Coetzer (kaptein), Augie Behrens, Nathan Fourie, Callie Fryer, Tristan van der Linde, en afrigter Nicklis van Onselen. Van voor links: Henlo Van Rooyen, Dehan Jacobs, AJ Coetzer, Hendri Kemp, Heinrich Marx.

 

Share this article with a friend...