Articles
Sport & School News
10 November 2023

Rustenburg - Laerskool Elandskraal se kultuursterre het sentraal gestaan gedurende die skool se Kultuuraand op Woensdag, 1 November 2023. Die gehoor is bederf met ‘n vertoning van die jaar se beste sang, dans, voordrag, gimnastiek en drama-items. Topkunswerke was ook uitgestal, en die toneelstuk “Spieëltjie, Spieëltjie” deur dramaturg Jo-Athne Stemmet, het die verhoog geïllustreer. Die aand het geëindig met ‘n betowerende kooroptrede en die uitreiking van medaljes aan alle deelnemers, wat almal verstom het met die ongelooflike kultuurtalent wat ten toon gestel is.

Photo: Laerskool Elandskraal se Graad 1 optrede. 

Share this article with a friend...