Articles
Sport & School News
10 October 2023

SA - Die Suid-Afrikaanse Skole Landloopkampioenskappe het verlede Saterdag, 30 September, in Polokwane by HTS Tom Naudé plaasgevind. Suid-Afrika se top skole-atlete uit die nege provinsies het meegeding, en die kompetisie was baie straf. Atlete van Protea Atletiekklub, sowel as die oefengroep, het puik presteer. Die klub is veral baie trots op Scott Williamson en Phenyo Kgatitswe, wat beide bronsmedaljes verower het. Om op ’n podium te kan staan by ’n SA-kampioenskap, met ’n medalje om jou nek, is ’n merkwaardige prestasie. Emma Petkou het ’n medalje net-net gemis. Chanté Kruger en Bontleng Taeng het beide onder die top 10 geëindig. Die atlete het in versengende hitte hul beste gelewer.

Die klub se atlete wat die Noordwes Provinsie verteenwoordig het:  
3de: Scott Williamson, seuns 15
3de: Phenyo Kgatitswe, seuns 12
5de: Emma Petkou, dogters 10
9de: Chanté Kruger, dogters 15
9de: Bontleng Taeng, dogters 19
13de: Nathan Havenga, seuns 14
16de: Zante Young, dogters 15
16de: Kelello Phokoje, dogters 16
21ste: Abbygale Havenga, dogters 17
25ste: Alex Visser, seuns 16 

Die skole waaraan die atlete verbonde is, word graag vermeld: Phenyo en Emma - Rustenburg-Noord Laerskool, Chanté en Alex - Hoërskool Rustenburg, Bontleng - HTS Rustenburg, Scott, Nathan, Zante, Kelello en Abbygale - Bergsig Akademie.

Photo: Johann Marais, Protea Club Afrigter en Phenyo Kgatitswe, brons medalje in die wedloop vir seuns 12.

Scott Williamson, brons medalje in die wedloop vir seuns 15.
Emma Petkou eindig 5de in die wedloop vir dogters 10.

 

Share this article with a friend...