Protea-atlete presteer goed tydens SA Landloopkampioenskappe
SA - Vir baie atlete het die 2023 landloopseisoen verlede Saterdag 16 September tot ‘n einde gekom toe die SA Landloopkampioenskappe aangebied is. Hierdie spogbyeenkoms het by die Nelson Mandela Universiteit in Gqeberha plaasgevind. Protea Atletiekklub se oefengroep het 43 atlete gehad wat die Noordwes-Noord provinsie verteenwoordig het. Die kompetisie was uiters straf, en meer as 130 atlete het aan die meeste wedlope deelgeneem. Die klub wil graag erkenning gee aan elke atleet wat te midde van stormsterkte wind en koue, baie moed en durf aan die dag gelê het. Atlete wat onder die voorste 50 plekke geëindig het, word hier vermeld.
Top 10:
Top 20:
Top 30:
Top 40:
Top 50:
Die skole waaraan die atlete verbonde is, word graag vermeld: Phenyo, Emma en Kefilwe (Rustenburg Noord Laerskool), Mikita en Marnus (Laerskool Rustenburg), Bontleng (Hoër Tegniese Skool), Alex (Hoërskool Rustenburg), Carla Hoërskool Brits), Scott, Luan, Nathan, Irish, Abby en Zante (Bergsig Akademie).
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly