Die Rusties troef Gimmies op hul eie turf
Die eerste krieketspan van die Hoërskool Rustenburg het 14 Februarie op Valentynsdag in die T20-Noordwes-finaal teen Potchefstroom Gimnasium te staan gekom en tot groot vreugde die bloues met twee lopies gewen. Stian Swanepoel is as die speler van die wedstryd aangewys.
Mnr. Niël Blignaut is trots op die spelers. Hy en sy seun, mnr. Fano Blignaut, rig hierdie span af. Beide is toegewyde en ervare afrigters en ‘n aanwins vir hierdie span. Met die oorwinning het hulle ‘n welverdiende bedrag van R33 000.00 van Krieket-SA gewen! Ai, wat talent, harde werk en groot geluk nie kan doen nie! Mnr. Blignaut sê met hierdie spelers is ? belowende, presteerende seisoen ‘n gegewe.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly