Articles
Headline News
02 February 2018
Chelize Swart aan die Hoërskool Rustenburg breek hul interhuisspiesgooi-rekord van Sunette Viljoen met ‘n wenafstand van 44.11m tydens Dinsdag, 23 Januarie, se interhuis atletiekbyeenkoms. 
Chelize het groot skoene om vol te staan! In 2016 het Sunette ‘n silwer medalje by die Olimpiese Spele verower vir spiesgooi, en twee Commonwealth Games goue medaljes in 2006 en 2010. 
Lees meer op bladsy 11.
Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend presteer het tydens Hoërskool Rustenburg se interhuis atletiekbyeenkoms op Dinsdag, 23 Januarie. 
Van links: Alyssa Prinsloo, junior dogter baanatleet; Marli van der Westhuizen, junior dogter veldatleet, Junior Victrix Ludorum en beste prestasie van die dag; en Johan de Wet, junior seunsveldatleet. Afwesig op die foto: Emile Geyser, junior seunsbaanatleet.
Senior-Rusties se voorbereiding vir die atletiekseisoen werp vrugte af. Ons wens die volgende leerders, wat besondere prestasie behaal het, baie geluk, van links: Nicola van der Merwe, senior dogtersbaanatleet; Chelize Swart, senior Victrix Ludorum; Graham Grobler, senior seunsveldatleet; Marcel van Nieuwenhuizen, senior seunsbaanatleet; Marguerite Raaths, senior dogtersveldatleet; en Refentse Moabi, senior Victor Ludorum.
Rusties is soos visse in die water! Baie geluk aan Carli Venter en Pieter Coetzé wat onderskeidelik, tydens Hoërskool Rustenburg se swem interhuis, as junior Victrix- en Victor Ludorum aangewys is. Beide Carli en Pieter behaal vyf eerste plekke. Pieter breek 5 rekords en Carli breek 1 rekord.
Broers deel Victor Ludorum en RHS se Jana stel weereens nie teleur nie! 
Baie geluk aan Kyle Schoeman en Wian Schoeman wat die titel as senior Victor Ludorum deel. Ook baie geluk aan Jana Coetzé wat as Victrix Ludorum aangewys is. Kyle en Wian het elkeen 5 eerste plekke behaal en 1 rekord gebreek. Jana Coetzé het 5 eerste plekke behaal en 5 rekords gebreek. 

 

Share this article with a friend...