Articles
Headline News
20 July 2018

Thabazimbi – Te midde van ernstige politieke verwikkelinge vier Thabazimbi Landbou en Nywerheidsgenootskap vanjaar hul 64ste bestaansjaar.


Nege jaar na die tweede wêreldoorlog was die eerste skou gehou. Deur droogte, rampe en vloede tesame met mynbou het die Thabazimbi skou die ruggraat van die gemeenskap gebly.


Die beesbedryf in die bosveld het mettertyd, na 2000 begin agteruitgaan en het die wildbedryf in ‘n nuwe formaat grootliks beeste op plase vervang. Bittermin bona fide beesboere het in die bosveld oorgebly. Ondanks dit, het Thabazimbi skou as ‘n groot beesskou bly voortbestaan. 


Met die ekonomiese verval van die wildbedryf na 2016, bestaan Thabazimbi skou nou as een van die grootste beesskoue in die land, indien nie die grootste nie!

Die Brahmane se Limpopo kampioenskappe met meer as 250 beeste vind vanjaar hier plaas, so ook die nasionale kampioenskappe van die Pinzgauer ras met 150 beeste. Die verwagting is dat hier tien beesrasse gaan wees.

Op Saterdag 28 Julie word daar ook ‘n reuse Boerbok Kalahari red en meatmaster kleinvee veiling gehou. Die mallemeule wat ons jaarliks besoek is van hoogstaande veiligheids standaarde.

Die komitee keur die afgelope tien jaar stalletjies wat aansoek doen. Net stalletjies van goeie gehalte word toegelaat. Kosstalletjies op die skou se produkte is onverbeterlik as gevolg van die keurproses.

Daar is Donderdagaand, Vrydagaand en Saterdagaand gaskunstenaars by name, Jo Black (Donderdagaand), DZL tydens die Mej. Thabazimbi kroning (Vrydagaand) en twee kunstenaars op Saterdag 28 Julie, naamlik Amore Vittoni en Adam Tas.


Ons hoop dat die program voorsiening sal maak vir elkeen op Thabazimbi en die omliggende gemeenskap. Hou die sosiale media en Platinum Bushvelder dop vir meer volledige inligting. Vir meer informasie, besoek www.thabazimbiskou.co.za. 
Skougroete, Jan Trichardt

MEJ. THABAZIMBI 2018

Jonge dames... Die inskrywings van vanjaar se Mej Thabazimbi skoonheidskompetisie is oop. Die geleentheid vind plaas op Vrydag 27 Julie om 19h00. Die tema is ‘out of Africa’ en vanjaar se beoordelaars DZL. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Thaba Spar, die hoofborg van die kompetisie. Die sluitingsdatum vir inskrywings eindig 26 Julie.  

Die ouderdomsgroepe is: 
 6-8 jaar: Mej. Koringaartjie
 9-12 jaar: Mej. Sonneblom
13-15 jaar: Mej. Thabazimbi (junior)
16-19 jaar: Mej. Thabazimbi (senior)

Vir meer informasie, skakel Ursula Roux by 083-584 6061. 

Jo Black tree Donderdagaand op – moet hom nie misloop nie! 

 

Share this article with a friend...