Articles
Headline News
27 April 2018

Rustenburg – Die Platinum Weekly is die kans gegun om twee spelers van die Newrak Impala eerstespan gesig tot gesig te ontmoet. Hierdie manne is beslis spelers agter wie jy jou tokse kan agterna gooi. 

Berto van Wyk is Newrak Impala se eerstespan onder kaptein, en nommer 12, binnesenter. Hy is 23 jaar oud, 1,83 meter lank en weeg sowat 104kg. 
Jammer dames – maar hy het ‘n meisie! 


“Ek is eintlik ‘n bosveld mens en hou van jag, maar vang ook graag vis,” vertel Berto. Hy het ‘n sin vir humor wat die onderhoud vol skertse en grappies gehou het. 

“Wanneer ons die veld indraf, is ek gewoonlik effe op my senuwees om alles te doen na die beste van my vermoë.” Díe jong man beïndruk op die rugbyveld! 
Berto is n rugbyman van laerskooldae af, en speel vir Newrak Impala vir die afgelope vier jaar. 
“Eendag wil ek graag my eie plaas besit en ‘n boer wees wat van die aarde af leef,” aldus Berto. Hy is nie skaam om sy ouers te komplimenteer nie!
 “My rolmodelle is my ma en pa, Carel en Susan van Wyk .” 

Tiaan Nel, nommer vyf op die veld, slot, is Newrak Impala se eerstespan kaptein. Die reus van ‘n man is 32 jaar oud, twee meter lank and weeg sowat 118 kg. 


Tiaan is gelukkig getroud met die beeldskone Meagan Nel en is geseën met ‘n oulike seun Christiaan (2). Hy is ‘n diereliefhebber, in besonder vir honde, en hou van die see. Hy verkies ‘n dubbel Richelieu en Coke na ‘n lang dag op die veld. 


“Ek het rugby in my bloed. Wanneer ons op die veld opdraf begin ek sommer dadelik bereken wat ons as ‘n span teen ons teenstanders moet doen en wanneer.”  Tiaan speel al vir die afgelope kwarteeu rugby waarvan sewe vir die Newrak Impala is.

“My rolmodel is Victor Mattfield,” aldus Tiaan. “My grootste en belangrikste aanhangers is my pragtige vrou en seuntjie. Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om al ons ondersteuners langs die veld te bedank. Dit maak ‘n mens se bloed warm kook as die skare jou aanhits na die pale toe!” 

Berto van Wyk
Tiaan Nel

Share this article with a friend...