Articles
Government & Municipal News
04 May 2018

Koster – Die AfriForum-tak in Koster het op Woensdag, 25 April, ’n reorganisasievergadering gehou en die volgende lede tot sy bestuur verkies: Andreas Peens, voorsitter; Lampies Meintjies, ondervoorsitter; Rika van Staden, sekretaris; Morné Erasmus, tesourier; Johan de Bruyn, plaaslike regeringsake; Willie van der Westhuizen, gemeenskapsveiligheid; en Arrie van Staden, jeug.

Peens sê dat hy en die bestuur daarna uitsien om ’n verskil in die gemeenskap te maak. “Dié tak se fokus is op veiligheid, die aanpak van swak munisipale dienslewering en gemeenskapsgedrewe inisiatiewe.”

Raak vandag nog by AfriForum se Koster-tak betrokke: SMS “Koster” na 45351 (R1).

AfriForum mediaverklaring, 2 Mei 2018

Agter van links: Morné Erasmus, Andreas Peens, Lampie Meintjies, en Arrie van Staden. Voor van links: Charne Blignaut en Rika van Staden. Afwesig: Johan van Staden en Johan du Bruyn

 

Share this article with a friend...