Geknoop in Geloof en Kreatiwiteit:
Kom leer Macramé op Koster!
Koster – ‘n Vrou van God het ‘n begeerte om kreatief te wees. Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk. Kry iets waarvan jy hou en maak tyd daarvoor.
Op Donderdag 3 April 2025 word daar ‘n unieke macramé-klas gehou op Plaas Witrand, net 10 minute buite Koster. Dié kreatiewe oggend beloof om ‘n fees van vriendskap, vaardigheid en vrede te wees — perfek vir dames wat hul hande wil besig hou en hul siel wil verfris.
Die tema van die klas is “Perde skoen Macramé” – ‘n projek wat nie net prakties en mooi is nie, maar ook simbolies van geluk en beskerming. Omdat slegs 12 plekke beskikbaar is, word belangstellendes aangeraai om vroegtydig te bespreek. Die klas is ideaal vir dié wat al ‘n bietjie met die basiese knope vertroud is.
Wat jy kan verwag:
Plek: Plaas Witrand, Millvale pad / Kosterdam pad – Eerste plaas aan linker kant, KC 01
Tyd: 09:00 tot 13:00
Bespreek jou plek by Belien – 076 93 65 447
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly