Articles
Social & Community News
15 November 2024
Ons onthou met liefde wyle Meis Kok (70), oorlede op 7 November 2024. Haar roudiens het op Dinsdag 12 November 2024 plaasgevind vanuit die kapel by Sonskyn Aftree Oord, Rustenburg. 
Vir meer navrae, skakel Cobus op 081 379 8919 of Wilna op 074 200 2687 by Econo Begrafnisdienste – ‘n diens met liefde en waardigheid deur Econo Begrafnis en Verassingdienste. 
Ons onthou met liefde wyle Jerry Nel (86), oorlede op 8 November 2024. Ons vier sy lewe Donderdag 14 November 2024 om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk, Johannesburgpad (R24), Rustenburg. 
Vir meer navrae, skakel Cobus op 081 379 8919 of Wilna op 074 200 2687 by Econo Begrafnisdienste – ‘n diens met liefde en waardigheid deur Econo Begrafnis en Verassingdienste. 
Ons onthou met liefde wyle Johan (Kallie) Calitz (65), voormalige verkeershoof, oorlede op 10 November 2024. Sy begrafnisdiens vind op Saterdag 16 November 2024 om 10:00 plaas te Hartebeespoort. Die teraardebestelling sal plaasvind te Piesangkloof. 
Vir meer navrae, skakel Cobus op 081 379 8919 of Wilna op 074 200 2687 by Econo Begrafnisdienste – ‘n diens met liefde en waardigheid deur Econo Begrafnis en Verassingdienste. 
‘n Groot seder het geval. Ons onthou met liefde wyle pastoor Christo Visser (75), oorlede op 4 November 2024. Die viering van sy mooi lewe sal vanuit sy geliefde Grasdakkerk plaasvind op Vrydag 15 November 2024 om 12:30. Ter herinnering aan hierdie merkwaardige man word begrafnisgangers versoek om wit, blou of groen te dra. 
Vir meer navrae, skakel Cobus op 081 379 8919 of Wilna op 074 200 2687 by Econo Begrafnisdienste – ‘n diens met liefde en waardigheid deur Econo Begrafnis en Verassingdienste. 
Op Saterdag 2 November 2024, is Arnold du Toit na sy Hemelhuis op die ouderdom van 63 na ‘n kort siek bed. Hy gaan baie gemis word deur almal wat agterbly. Sy roudiens vind op Saterdag 16 November 2024 plaas vanuit Woord en Lewe Sentrum, Rustenburg om 10:00. 
‘n Liefdesdiens gelewer deur Martin’s Begrafnisdienste, Rustenburg, 014 592 0037.

Share this article with a friend...