Articles
Social & Community News
15 July 2024

Hoe kry ‘n uil dit reg om geruisloos te vlieg? Hoekom is ‘n Maraboe Ooievaar se bene wit? Hoekom het ‘n Bontkiewiet ‘spore’ op sy elmboë?

As jy die antwoorde op die boonste vrae ken – of wil uitvind wat die antwoorde is – kan jy nie BirdLife Rustenburg se jaarlikse voëlfeite vasvra mis nie! Bring jou voëlboek en/of jou voël-identifikasie selfoon-applikasie en kom toets jou kennis.

Die vasvra word aangebied deur Brink Jordaan – een van die mees ervare voëlkykers in die Rustenburg klub met ‘n lewenslys van meer as 750 voëls. Dit is nie net ‘n geleentheid om jou kennis te toets nie, maar ook om meer te leer by Brink en by die ander entoesiaste wat die vasvra bywoon.
Dit vind plaas op Maandag 15 Julie 2024 om 18:30 by die Metodistekerk op die hoek van Brink en Schuurmanstrate. Alle belangstellendes is meer as welkom – nie-lede betaal ‘n bywoningsfooi van R 30.

Indien jy meer wil uitvind oor die klub en die se aktiwiteite is jy welkom om vir Charles Foot te skakel op 073 452 3874.

Main photo: Gevlekte Ooruil

Maraboe Ooievaar
Bontkiewiet

 

Share this article with a friend...