Articles
Social & Community News
24 June 2024

Koster – Kom wys jou hengelvaardighede en deel in die opwinding by die Waterkloof Hengeloord Kosterdam se ‘Karp Kampioen van die Jaar’ Kompetisie! Die kompetisie vind elke Saterdag plaas, vanaf 06:00 tot 16:00.

Kaartjies: R50 per persoon per Saterdag. Vir elke Saterdag waaraan jy deelneem, benodig jy ‘n nuwe kaartjie. Die inskrywingsgeld sal gebruik word as prysgeld.
Trekking: Die trekking sal plaasvind aan die einde van elke derde maand, naamlik Maart, Junie, September en Desember. Omdat ons aan die einde van Mei begin, sal die eerste trekking einde September wees.
Jaarlikse kampioen: Aan die einde van Desember sal die Waterkloof Hengeloord Karp Kampioen Van Die Jaar aangewys word.

Reëls en riglyne:

  • Weegproses: Karpe sal op die oewer geweeg word.
  • Hou van karpe: Die persoon wat sy karpe wil laat weeg, mag hulle in ‘n hounet hou.
  • Deelnemers: Slegs deelnemers met ‘n geldige kaartjie mag visse in ‘n hounet plaas.
  • Weegtye: Weegtye is om 09:00, 12:00 en 16:00. Nadat visse geweeg en gefotografeer is, moet hulle vrygelaat word. Geen hounette is toegelaat in die water na 16:00 of voor 06:00 nie.
  • Nie-deelnemers: Indien jy nie aan die kompetisie deelneem nie, mag jy nie ‘n hounet gebruik nie. Vang en vrylaat is die reël.
  • Foto’s: Daar sal ‘n foto van jou en jou vis geneem word wat moontlik gebruik sal word vir die promosie van Waterkloof Hengeloord.

Sluit aan by die hengelgemeenskap en maak jou merk as die volgende Karp Kampioen!
Vir meer informasie, kontak: 
072 137 5267 | info@kosterdam.co.za | kosterdam.co.za

Share this article with a friend...