Articles
Social & Community News
10 June 2018

Rustenburg – Op Saterdag, 2 Junie, het die Hoërskool Rustenburg Kontreifees met opgewondenheid afgeskop terwyl massas mense in nuuskierigheid deur die hekke ingestap het.

Die aand was gevul met ‘n unieke geselligheid wat gekenmerk is aan oop vure, KWV-wynproe, ‘n 3-gang maaltyd en drie verskillende groepe gaskunstenaars op die verhoog.

Die gaskunstenaars was die Hoërskool Rustenburg se eie mnr. John Robbertse, ‘n sanggroep, Authentic, wat vanuit die skool geledere ontstaan het; en die hoof attraksie, Ses Snare... ‘n reuse sukses!

Dit is hoe die fees deur feesgangers beleef is. Die inkoop en bywoning deur die gemeenskap word hoog op prys gestel.

Authentic; Hanru Buitendach, mnr. Fano Blignaut, en Bertus Buitendach.
Dromspeler van die Ses Snare sanggroep; Riaan van Rensburg.

 

Share this article with a friend...