Articles
Social & Community News
27 April 2018

Rustenburg – Staan Saam Rustenburg (SSR) doen ongelooflike baie vir soveel minderbevoorregte mense in ons gemeenskap. Hul onbaatsugtige liefde en omgee, sweet en trane, gaan nie ongesiens verby nie. 


Die winter is om die draai, en soos elke jaar, is die navraag na voedsel dan meer. Indien jy belangstel om SSR te ondersteun; hier is ‘n lys van dringende items: komberse, brood, konfyt, stroop, grondboontjiebotter, margarine, koffie, tee, suiker, sop, poeiermelk en soya. 


SSR maak ook sop vir die sopkombuis by sekere senior burgers van die stad. Enige sop produkte, vleis en bene sal ook waardeer word. 


Vir enige verdere inligting kan julle gerus vir die volgende persone skakel:
•    Naomi: 076-374 1129
•    Juanita: 083-444 6391
•    Cathy: 078-069 5942

Share this article with a friend...