Articles
Social & Community News
29 March 2018

Rustenburg – Die Voortrekkers vier vanjaar hul 40ste verjaarsdag. Op ‘n vrolike luim het die Magalieskruin Voortrekkers díe herdenking gevier op Maandag, 12 Maart.

Hier is 40 hoera's vir die Voortrekkers!

1) Kameraadskap 2) koue lug, laat aande en ‘n warm vuur 3) sterrekyk 4) die wind wat waai op Wilgedraai 5) vetkoek en maalvleis vir ontbyt 6) vrese trotseer 7) kamp in die bos 8) kondensmelk by die kampvuur 9) laternbekruip 10) maak nuwe vriende 11) nagmars 12) om in die veld te wees 13) ogies maak om ‘n kampvuur 14) wagstaan 15) Adrie se pasteitjies 16) nuwe avonture 17) besondere spesialisasie 18) stokbrood 19) sokkies 20) kampe, kampe en nogmaals kampe 21) wanneer die fluitjie blaas vir verfbal 22) milo en koekies by oppieberg 23) pad pizza 24) sonopkoms in die natuur 25) ons werk as 'n span 26) boeresport 27) ons leer van ons geskiedenis 28) kuier by die ouetehuis 29) ons is ‘n familie 30) mooiste foto's 31) stories en grappies 32) saamsing en musiek 33) spankampe 34) besoek ons monumente 35) toutrek 36) 4x4 by Rhus Keeti 37) selfbehoud se uithou 38) om in die veld te wees 39) om te trou met 'n Vorie 40) Voortrekkers is familie!

Hier blaas die Rustenburg Voortrekkers kommandoleier, Blackie Swart, die kersies dood op die koek.
Feesvieringe uit die boonste rakke!
Feesvieringe uit die boonste rakke!

 

Share this article with a friend...