Articles
Social & Community News
09 February 2018

Die spreekwoord lui: “It takes a village to raise a child”. Dít is beslis die geval by Field of Dreams, ‘n nie-winsgewende organisasie duskant Hartbeespoort wat sy ontstaan gevind het in die behoefte om kinders vanuit die plaaslike gemeenskap te onderrig. 


Die 129 kinders wat skoolgaan en versorg word by Field of Dreams, se ouers werk hoofsaaklik op die plase in die omliggende omgewing. 


Field of Dreams maak staat op donasies en skenkings wat tans die skool slegs drie dae per week in bedryf kan hou. Die skool poog om self-onderhoudend te wees met ‘n kleinskaalse boerdery wat hoenders en groente insluit. 


Obaro glo dat geen kind die geleentheid tot onderrig ontneem moet word weens gebrekke aan hulpbronne nie, dus het die personeel van Obaro dit op hulself geneem om skryfbehoeftes vir hierdie ywerige leerders in te samel. Bokse papier, verf, skêre, inkleurkruite, boeke, legkaarte, potlode en liniale het alles hul pad tot by die skool gevind. 


Die Obaro-personeel is met groot opgewondenheid ontvang en is dadelik aan die hand gesleep om saam in te kleur en te leer van vorms en die alfabet. Pick n Pay Brits het ook hand bygesit deur bokse skryfbehoeftes en skoonmaakmiddels aan die skool te skenk. Die bydraes was so oorweldigend dat Tillie Olivier, Obaro groep finansiële bestuurder, boonop ’n Pick n Pay geskenkbewys aan die skoolhoof kon oorhandig. 

“Die ontwikkeling van die jeug is almal se verantwoordelikheid. Ons het elke dag die geleentheid om ‘n verskil te maak en die wêreld ‘n beter plek te maak. Dit is vir Obaro ‘n voorreg om hierdie skryfbehoeftes aan Field of Dreams te kon oorhandig met die wete dat ons baie meer van hulle ontvang het as wat ons gegee het,” sê Nic Bronkhorst, besturende direkteur van Obaro.


Obaro mediaverklaring, 8 Februarie 

Caption

 

Share this article with a friend...