Articles
Social & Community News
30 November 2017

Rustenburg – Bill McGill, Rustenburg se eie wêreldbekende kunstenaar, het op Woensdag, 15 November, ‘n kunsuitstalling by die Hervormde Kerk gehou.

Gedurende die geleentheid het McGill een van sy skilderye aan AfriForum Rustenburg oorhandig van die geskiedkundige Anglikaanse kerkie wat meer as honderd jaar gelede in Rustenburg gebou was – waarop die Platinum Weekly koerant so ruk terug op berig het.

Die kerkie het in die behoefte van menige persoon wat gedurende Rustenburg se stigting in 1875, voorsien. Mettertyd het Rustenburg te groot geword en is die kerkie verskuif na die Ou Begraafplaas in Nelson Mandela Rylaan, waar dit steen vir steen oor gebou was.

Intussen het die vandale, wat ook die ou tronk-gebou, wat regoor die begraafplaas geleë was, saam met die kerkie totaal vernietig. Met die onlangse skoonmaak aksie van AfriForum, het hulle die kerkie heeltemal skoongemaak van al die jare se rommel en gemors.

“Ongelukkig het die Rustenburgse munisipaliteit vir Rustenburg totaal in die steek gelaat wat hierdie twee historiese plekke betref,” aldus Johan Schoeman. “Die tronkgebou is totaal vernietig en is tans die skuilplek van misdadigers. “Ons vind dit ongelukkig by Kwaggapan sowel as by die Paul Bodenstein Park.”

AfriForum is in die proses om die Anglikaanse kerkie ten volle te restoureer. Daarvoor is ‘n spesiale bankrekening waar Rustenburg inwoners, wat ‘n bydrae wil maak om die kerk van ‘n dak en mooi vensters te voorsien.

Jy kan jou bydrae inbetaal by AfriForum NPC, FNB Centurion, takkode 261 550 en rekening nommer 623 4989 8398. Gebruik asseblief “AfriForum Rustenburg-kerk” as verwysing.

 

Van links: Braam Hatting, Bill McGill, Johan Schoeman en Piet Botha. Hulle is bestuurslede van AfriForum Rustenburg en het die geskenk van McGill ontvang.
Henry Hartley, ‘n welbekende gesig in Rustenburg. Hy het die gaste trakteer met staaltjies uit Rustenburg se vervloë dae, toe almal nog met perdekarre en waens oor die weggekom het. Henry het vertel van die Kloof water, wat deur middel van opgaar dammetjies, regdeur Rustenburg in kanale gevloei het. Gelukkige inwoners kon water-erwe bekom en moes by die plaaslike Waterfiskaal aansoek doen vir lybeurte!

 

Bill McGill se kunsuitstalling ‘n reuse sukses!

 

Share this article with a friend...