Kom kuier saam by Platinum Mark 2017
Rustenburg – ‘n Heerlike atmosfeer heers by die jaarlikse Platinum Mark op die hoek van Klopper en Zand straat. Díe mark is nog bedrywig tot Saterdag 02 Desember 2017!
Markgangers verlustig hulle in al die kreatiwiteit wat uitstallers aan die dag gelê het met ‘n reuse verskeidenheid produkte wat te koop aangebied word. Die kiosk verkoop ligte etes, varsgebakte lekkernye, koffie, tee en koeldrank. Daar is ook heerlike ‘doughnuts’, roomys en pannekoeke te koop.
Vanaf 17h30 tree plaaslike musikante op om die saamkuier nog meer gesellig te maak.
Die jongspan kan gratis kom speel op die springkastele en Saterdagoggend sal ‘n gesigverfkunstenaar kinders kindergesiggies verf in enige karakter wat hul harte begeer. Die jongspan kan ook gratis gevoude ballonne kry. Hoërskoolkinders kan in die jeuglokaal kom kuier en speletjies speel.
Moenie hierdie jaarlikse mark misloop nie! Toegang is gratis en parkering veilig.
Die markure is as volg:
Besoek gerus ons Faceboekblad by Platinum Mark vir die nuutste nuus en foto’s. Vir navrae, skakel vir Anso Green by 014-533 3439 tussen 08h00 en 14h00 daagliks.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly