Articles
Churches & NGO News
01 November 2024

Rustenburg – Op Sondag 27 Oktober 2024 het die vrouelidmate en vriendinne van die Sewendedag-Adventistekerk in Rustenburg (Proteapark) ‘n pragtige Lente Tee in die kerksaal geniet. Die dames is behoorlik bederf met verrassingsgeskenkies, smaaklike eetgoed, vrolike gesang en gesellige geselskap. Om die lenteseisoen te vier, het elke vrou met ‘n hoed getooi in blomme opgedaag, wat ‘n ekstra feestelike atmosfeer geskep het. Hierdie saamkuier het beslis ‘n unieke en onvergeetlike belewenis vir almal daar gemaak en die vreugde van lente ten volle gevier.

Main photo: Van links: organiseerders Jacqi Benade en Carina Muller, Hannie Wentzel wat die keurige blommerangskikkings gedoen het, en Stacey Wentzel wat gehelp het met die voorbereiding vir die dag se verrigtinge.

‘n Tafel vol bederfies – elke happie ‘n genot!

 

Share this article with a friend...