Articles
Sport & School News
19 June 2026

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Hoërskool Rustenburg vier met trots die prestasie van een van sy eie nadat die 18-jarige krieketspeler Callie Fryer sy eerste professionele kontrak met die North West Dragons onderteken het.

Callie het reeds vroeg aandag getrek toe hy op net 17-jarige ouderdom sy debuut vir die Dragons gemaak het. Sy sterk vertonings gedurende die 2025/2026 CSA-krieketseisoen het bewys dat hy oor die talent, dissipline en deursettingsvermoë beskik om op die hoogste vlak mee te ding.

Met provinsiale spanne regoor Suid-Afrika wat voorberei vir die 2026/2027-seisoen en op soek is na opkomende talent, het Callie se harde werk uiteindelik vrugte afgewerp met ‘n welverdiende professionele kontrak. Hoërskool Rustenburg sê hulle glo sterk in sy potensiaal en sien daarna uit om sy verdere groei en sukses op die krieketveld te volg. Callie se prestasie dien as inspirasie vir jong sportlui en bewys dat groot drome, gekombineer met toewyding en harde werk, werklikheid kan word.

Rustie-krieket word met trots geborg deur ASB Minerals.

Share this article with a friend...