
Kaskarkenades by Oom Paul Skool
Platinum Weekly koerant | Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys se jaarlikse Kaskardag op Vrydag 29 Mei 2026 was ’n dag vol opwinding, spanwerk en onvergeetlike herinneringe vir die leerders.
Verskeie plaaslike besighede en organisasies, waaronder Buco, Blue Ribbon, Casmar Mining, Halsted, GLS, Landros Karwas, LCS Automation, Local Choice, Q&J, Toledo Spur en SMS Mining, het hande gevat om die dag besonders te maak. Bykomende skenkings is ook deur mnr. André van Tonder, Keyhole en Mini Build ontvang.
Leerders is in spanne ingedeel en aan die onderskeie maatskappye toevertrou, waar hulle met verversings, geskenkies en baie aanmoediging bederf is. Benewens die gewilde kaskarresies het die spanne ook aan verskeie speletjies deelgeneem, met sertifikate en trofeë wat aan die uitblinkers oorhandig is.
Die grootste oorwinning van die dag was egter die vreugde, trots en samehorigheid wat elke leerder ervaar het. Die skool het sy opregte dank uitgespreek teenoor al die borge, ondersteuners en personeellede wat gehelp het om van die dag ’n besondere hoogtepunt te maak.

© 2017 - All Rights with Platinum Weekly