
’n Vars Bries van Leierskap waai oor Hoërskool Rustenburg
Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Hoërskool Rustenburg het op 27 November 2025 met groot trots aangekondig dat Mnr Johan Smith as die nuwe adjunkhoof aangestel is. Die Rustie-familie het hom hartlik verwelkom en sien uit na die energie, leiding en visie wat hy saambring. Met sy passie vir onderwys en die ontwikkeling van jong mense, beloof Mnr Smith se aanstelling ’n opwindende nuwe hoofstuk vir die skool.
Photo: Mnr Johan Smith – die Rusties se nuwe adjunkhoof en trots van die skoolgemeenskap.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly