Articles
Sport & School News
09 May 2025

Rustenburg – Drie jong krieketspelers van Hoërskool Rustenburg het onlangs hul staal gewys op ’n nasionale verhoog – en met trofeë teruggekeer! 

Marnus de Witt het die Jozi Warriors o.19-span met trots verteenwoordig in die gesogte Lenasia Premierliga (LPL), en hulle het as algehele kampioene uit die stryd getree ná ’n spanningsvolle eindstryd teen die Hawks o.19-span. Marnus het ’n sleutelrol gespeel deur die hele toernooi – ’n prestasie waaroor Rustenburg regtig trots kan wees.

In die o.17-afdeling het twee ander Rusties, Callie Fryer en Tristan van der Linde, ook uitmuntend gevaar. Hulle het die Hawks o.17-span verteenwoordig, en saam gehelp om die span tot LPL-kampioene vir 2025 te kroon.

Hierdie drie seuns het nie net krieketballe geslaan en paaltjies laat kantel nie – hulle het ook Rustenburg se naam hoog gehou op ’n nasionale platform. Baie geluk, manne – julle is ware kampioene!

 

Share this article with a friend...