Hoërskool Tegnies bring kleur en lewe!
Rustenburg – Met harde werk en ‘n groot hart het die Landsdiens leerders van Hoërskool Tegnies op Mensergtedag, Vrydag 21 Maart 2025, die speelterrein van Rustenburg Buitengewone Onderwys omskep in ’n plek van vreugde en groei!
Onder leiding van mev. Elaine Naudé het die leerders nie net ’n groentetuin geplant nie, maar ook ’n pragtige hinkspel-area geverf sodat kinders speel-speel kan leer. ’n Spesiale dank aan mej. Dianne Norval vir die organisering van hierdie inspirerende aksie. Saam maak ons ’n verskil!
Main photo: Leerders van Hoërskool Tegnies verf vrolike eenbeentjie-speletjies voor die klaskamers – ‘n kleurvolle toevoeging tot die speelarea.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly