RHS kriekethelde skitter op nasionale veld
Rustenburg – Hoërskool Rustenburg vier met trots die uitsonderlike prestasies van twee van hul krieketsterre! Callie Fryer is gekies om Suid-Afrika se onder 19-span te verteenwoordig in die eendag-reeks teen Engeland van 17 tot 22 Januarie 2025, terwyl Nathan Rossouw die groen en goud sal dra in die onder 19-toetsspan wat hul reeks op 27 Januarie begin. Hierdie talentvolle spelers dra nie net hul skool se naam hoog nie, maar ook dié van hul land.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly