Articles
Sport & School News
25 October 2024

Rustenburg – Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys het op Dinsdag, 15 Oktober 2024, ‘n spesiale veldtog geloods om bewustheid oor Fetale Alkoholsindroom te verhoog deur plakkers teen R10 te verkoop. 

Die gemeenskap het sterk ondersteuning gewys, met verskeie skole in Rustenburg wat deelgeneem het aan hierdie betekenisvolle dag. Onder die skole wat gehelp het om die boodskap van ondersteuning en bewusmaking te versprei, was Laerskool Proteapark, Laerskool Vastrap, Saint Augustine Private Christian School, en Laerskool David Brink. Deur samewerking het hierdie skole gesorg dat die belangrike saak van kinders met spesiale behoeftes in die kollig geplaas word.

Main photo: Laerskool Vastrap se leerlinge vier saam die veldtog vir Fetale Alkoholsindroom bewusmaking met kreatiewe kouse.

Onderwysers van Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys dra kleurvolle kouse om bewustheid oor Fetale Alkoholsindroom te verhoog.
Laerskool Proteapark se leerders toon hul ondersteuning met prettige en kleurvolle kouse.
Leerders van Saint Augustine Private Christian School dra unieke kouse om deel te wees van die bewusmakingsveldtog vir Fetale Alkoholsindroom.

 

Share this article with a friend...