Articles
Sport & School News
15 July 2024

Rustenburg – Baie geluk aan juffrou Heidemarie Visser van Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys wat tydens die skoolvakansie, op 5 Julie 2024, haar Netbal Suid Afrika (NSA) C+ vir netbalskeidsregterskap verwerf het. 

Hierdie indrukwekkende prestasie het sy tydens die Telkom-toernooi by Hoërskool Waterkloof behaal, waar sy vir die onder 17, onder 18 en onder 19 provinsiale spanne geblaas het. Juffrou Visser se harde werk en toewyding is nou welverdiend beloon!

Photo: Skool vir Buitengewone Onderwys se juffrou Visser behaal NSA C+ skeidsregters kwalifikasie.

Share this article with a friend...