Articles
Sport & School News
02 July 2024

Rustenburg – Hoërskool Rustenburg se rugbyspeler Aydan Willemse is aangewys as die speler van die wedstryd ná die Luiperds se kragmeting teen die Pumas tydens die Grant Khomo Week by Grey Hoërskool in Gqeberha op Vrydag, 21 Junie 2024.

Die Luiperds het die Pumas met 20-13 geklop. Aydan het dié toekenning verwerf na sy skitterende spel en twee drieë wat hy gedruk het. Sy deursettingsvermoë en vaardighede op die veld het nie net sy span gehelp om die oorwinning te behaal nie, maar ook vir hom hierdie welverdiende erkenning besorg.

Baie geluk, Aydan, ons is trots op jou prestasie!

Photo: Hoërskool Rustenburg se eie Aydan Willemse, speler vir die Luiperds, aangewys as ‘Man of the Match’ vir sy uitmuntende spel teen die Pumas.

Share this article with a friend...