Articles
Sport & School News
19 June 2024

Rustenburg – Hoërskool Rustenburg het op Saterdag 8 Junie 2024 aangekondig dat ses van hulle talentvolle rugbyspelers gekies is vir die onder 15 Luiperd Bosveld-span. Hierdie prestasie is ‘n groot eer vir die skool en die gemeenskap, en weerspieël die harde werk en toewyding van beide die spelers en hulle afrigters.

Die seuns wat hierdie merkwaardige prestasie behaal het, is trots verteenwoordigers van Rustenburg en sal binnekort aan die Luiperd Bosveld-kampioenskappe deelneem. Dit is ‘n opwindende geleentheid vir die jong spelers om hul vaardighede te slyp en ervaring op ‘n hoër vlak op te doen.
Baie geluk aan al die rugby manne wat gekies is. Julle harde werk en deursettingsvermoë is inspirerend. Die hele Rustenburg-gemeenskap staan agter julle en wens julle alle sukses toe vir die toekoms.

Share this article with a friend...