Articles
Sport & School News
27 July 2018

Waratahs vs Highlanders
Die Tahs verdien om hierdie game te wen en deur te dring na die tweede semi-finaal en moet teen die Leeus in Jo’burg loop speel. Om halftyd 6-23 agter te loop teen ‘n Kiwi span en dan terug te kom om met 30-23 te wen, vat baie guts ou grote!


Die geel kaart wat Waisake Naholo gekry het, was die ondergang vir die Highlanders. Die Waratahs het onder leiding van Beale, Foley en die gevaarlike Israel Folau bresse geslaan in die Highlanders verdediging en druk drie keer in die tien minute.

 

Leeus vs Jaguares
Die Leeus brul hard in Jo’burg en dring dan vir die derde agtereenvolgende jaar deur na die semi-finale. Hulle klop die Argentyne in ‘n opwindende game 40-23 en moes redelik hard werk vir hierdie oorwinning. Die Springbok haker, Malcolm Marx, was iets ysliks ou grote.

Hierdie yster was soos ‘n valk op die losbal en het soos ‘n wafferse senter afgetrap en oorgeduik vir ‘n skitter drie. 
Die Leeus speel draf dan teen die Waratahs uit op Ellispark en sal moet van meet af inklim onder die Aussies wat gewys het hulle kan veg tot die laaste minuut.

 

Hurricanes vs Chiefs
In Wellington klop die Canes die Chiefs in ‘n skitter ruggas game ou grote. Die telling was 32-31 maar die tuisspan was meer in beheer op díe dag se spel.

Die twee Barrett boeties saam met die vuurvreter skrummie TJ Perenara was net een te veel vir die besoekers. Dit is jammer dat die kompetisie meegebring het dat twee Kiwi spanne in een kwarteindstryd moes speel, want die Chiefs is ligjare beter as bv die Sharks en die Waratahs. 


Die Hurricanmes vorder dan tot die eerste semi-finaal en moet in ‘n Kiwi derby teen die gedugte Crusaders in Christchurch gaan uitdraf, en wat ‘n game gaan dit nie wees nie maat. Die span wat hier gaan wen gaan die 2018 kampioen wees...

 

Crusaders vs Haaie
In Christchurch behaal die Saders ‘n verspot maklike oorwinning oor die Haaie en wen 40-10. Die Durbaniete was van meet af onder druk met ‘n paar blapse op verdediging, swak lynstaan werk en power balhantering. Op die Haaie se CV sal aangeteken word dat hulle in ‘n 2018 super kwart-finaal gespeel het maar het eintlik nie daar gehoort nie.


Die Crusaders speel volgende teen die Hurricanes wat beloof om ‘n riller te wees ou grote. Die room van Kiwi ruggas word hier uitgestal en wat ‘n wedstryd gaan dit nie wees nie.

 

Nou ja... Die biltong en Germaanse bruis drankies is seker al klaar in die yskas. Mamma moet sorg dat die hout en aanstekers nie nat reën nie en die staak word ook al ryp gemaak... nou gaan ons braai pappa!

Nag ou grote...

Share this article with a friend...