Articles
Sport & School News
13 July 2018

Crusaders vs Highlanders

In Christchurch klop die Saders die Highlanders gemaklik 45-22. Die Saders is feitlik seker van 'n semi-finaal tuis met die Highlanders se vlerke geknip. Die Saders se laaste game is teen die Blues in Christchurch met die Highlanders wat in Dunedin teen die Rebels gaan uitdraf.

 

Reds vs Rebels

Die Reds behaal 'n welverdiende sege oor die Rebels in Brisbane en wen 37-22. Danksy die verrassende nederlaag beklee die Rebels steeds die tweede plek op die Aussie Konferensie. Die Reds speel volgende teen die Sunwolwes in Brisbane met die Rebels wat teen die Highlanders in Dunedin gaan uitdraf.

 

Chiefs vs Brumbies

Die Chiefs stuit die Brumbies in Hamilton en wen 24-19 danksy skitter spel deur die All Balck Damian McKenzie. Vir beide hierdie twee spanne is die 2018 super reeks vir eers iets van die verlede. Die Chiefs het 'n harde game op hande teen die Hurricanes met die Brumbies wat in 'n Aussie derby gaan kragte meet met die Waratahs in Sydney.

 

Hurricanes vs Blues

Die Hurricanes met Beauden Barrett, weer terug op tien, het gekook ou grote! Die All Black senter Ngani Laumape het meesterlik op senter vertoon en druk vier drieë in hul oorwinning van 42-24. Die Canes beklee tans die tweede plek op die NZ Konferensie en speel hulle laaste game teen die Chiefs in Hamilton wat beloof om 'n riller te wees. Die Blues moet die Saders in Christchurch loop speel.

 

Waratahs vs Sunwolwes

En daar word die Japannese Wolwe se tjank afgetrap en loop hulle vas teen 'n begeesterde Waratahs span in Sydney en verloor 77-25. Met hierdie oorwinning is die Tahs ook nou verseker van 'n tuis semi-finaal. Die Tahs draf volgende teen die Brumbies in Sydney uit met die Wolwe wat teen die Reds in Brisbane gaan uitdraf.

 

Bulle vs Jaguares

Op Fort Loftus behaal die Bulle 'n goeie oorwinning oor die stert in die lug Jaguares ou grote en wen 43-34. Die Bulle is 'n baie beter span as wat hulle rekord vir die seisoen wys en kan volgende jaar beslis weer 'n krag wees. Die Bulle se laaste game van die seisoen is die grote teen die Leeus op Ellispark. Die Jaguares op hulle beurt reis Durban toe om teen die Haaie uit te draf wat 'n mini eindstryd gaan wees vir die twee spanne.

 

Stormers vs Haaie

Op Nuweland speel die Stormers dalk hulle beste game van die seisoen en wen 27-16. Die Haaie het hulself nou onder geweldige groepsdruk geplaas met hierdie verloor en moet nou die Jaguares in Durban klop en hoop dat die Rebels hulle game teen die Highlanders verloor om sodoende die laaste agt te haal vir die uitspeel games. Die Stormers het ‘n loslootjie en hulle super tassies is gepak vir 2018.

 

Nag ou grote...

Share this article with a friend...