Articles
Sport & School News
06 July 2018

 

Blues vs Reds

In Auckland behaal die tuisspan 'n welverdiende oorwinning oor die Reds ou grote. Dit was hulle beste vertoning van die seisoen maar het 'n tawwe game volgende teen die Canes in Wellington. Die Reds speel tuis teen die Rebels.

 

Rebels vs Waratahs

Die Waratahs klop die Rebels in Melbourne 31-26 en is nou die voorloper op die Aussie konferensie. Die Tahs speel volgende teen die Sunwolwes in Sydney en die Rebels draf tuis teen Reds uit.

 

Highlanders vs Chiefs

In Suva, Fidji behaal die Chiefs 'n spogsege oor die Highlanders en wen hierdie puik rugga game 45-22. Die Chiefs het op 'n verbysterende vaart afgeskop en was met rustyd reeds 42-0 voor. Met hierdie oorwinning het die Chiefs ook nou hulle neuse voor die Highlanders ingedruk en is nou derde op die NZ Konferensie.

Die Chiefs speel volgende teen die Brumbies in Hamilton wat beloof om 'n riller te wees. Die Highlanders kan weer 'n rowwe dag op kantoor verwag want hulle moet teen die Crusaders in Christchurch loop uitdraf ou grote.

 

Brumbies vs Highlanders

In Canberra beloon die Brumbies hulle getroue supporters met 'n oorwinning oor die hoogaangeskrewe Canes en wen 24-12. Die Canes speel tans nie goeie ruggas nie maar beklee nog steeds die algehele vierde plek en tweede op die NZ Konferensie. Die Brumbies het danksy hierdie goeie oorwinning 'n skraal kans om nog die uitspeel rondes te haal.

Die Brumbies speel volgende teen die omgekrapte Chiefs in Hamilton en die Highlanders durf die Crusaders aan in Christchurch.

 

Sunwolves vs Bulle

En daar doen die Japannese Wolwe dit weer ou grote en hierdie keer is dit die Bulle wat aan die ontvang kant was. Die Wolwe wen welverdiend 42-37 en behaal hulle derde oorwinning van die reeks. Vir die Bulle is die seisoen vir eers verby en coach John gaan die sambokke uithaal. Die Bulle beklee tans die laaste plek op die SA Konferensie.

Die Bulle se voorlaaste game van die seisoen is teen die Jaguares op Loftus en wen hulle hier, kan die baie beteken vir die Leeus en die Haaie omrede die Argentyne tans die tweede plek op die SA konferensie beklee. Die Wolwe reis Sydney toe om teen die Waratahs te gaan uitdraf.

 

Haaie vs Leeus

In die Haaitenk word die Leeus vir die eerste keer in vyf jaar deur 'n SA span geklop en die Haaie doen dit in 'n rillerstryd en wen 31-24 om sodoende nog 'n kans gegun geword vir die uitspeelrondes. Die Haaie se dodelike verdediging het die game deurgetrek en hulle het groot karakter uitgestal. Hierdie stryd sal onthou word tussen twee vuurvreters, yster hakers met rakker Akker wat die hierdie ronde teen Marx gewen het. Akker is ook welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.

Die Haaie speel volgende teen die Stormers op Nuweland en hier sal hulle moet wen om nog in die Superreeks te kan saamgesels. Die Leeus het 'n loslootjie.

 

Jaguares vs Stormers

Die Jaguares behou hulle momentum en wen hulle sewende agtereenvolgende game en troef die Kapenaars met 25-14. Met hierdie oorwinning behou hulle die tweede plek op die SA Konferensie en kan vir die eerste keer in die uitspeelrondes speel. Die gekweste Bulle wag vir die Argentyne op Loftus en dit kan die lot van ander spanne bevoordeel of na sneesdoekies en ietsie sterker laat gryp. Die Stormers gaan ook nou maar met vir pride speel en draf op Nuweland teen die Haaie uit.

Nag ou grote...

 

Share this article with a friend...