Articles
Sport & School News
22 June 2018

Wat ‘n fantastiese dag was dit in die Rosestad, ou groene? Die atmosfeer in die stadion was ongelooflik en daar het sowat 45,000 ondersteuners opgedaag.


Die Bokke klop die Ingelse 23-12 in ‘n klipharde toets wat lank deur die Beast onthou gaan word! Hierdie yster draf in sy honderdste toets vir Suid-Afrika uit en word sodoende die eerste swart speler en die eerste stut wat dit nog ooit kon vermag.

Die Beast het met sy twee kindertjies op die veld verskyn reg voor die toets en 45, 000 toeskouers het staande die champ gecheer.


Die Bokke se verdediging is nog nie op standaard nie en as hulle nie gaan verbeter nie, gaan die dit hulle nog duur te staan kom, veral teen ‘n venynige aanval soos díe van die Kiwi’s.

Die Bokke het dan die reeks gewen en loop met 2-0 voor uit drie toetse. Hopelik sal van die ander kandidate speelkans kry in die laaste toets.

ANDER UITSLAE
VSA 30 - 29 Skotland 
Argentinië 12 - 30 Wallis
Australië 21 -26 Ierland 
NZ 26 - 13 Frankryk
Japan 22 - 25 Italië

Junior Wêreld Kampioenskappe
Frankryk 33 - Engeland 25 
SA 40 - 30 NZ 

Die Franse knapies het geskiedenis gemaak en hulle eerste titel gebuit, fantasties! Kom ons hoop die Bokke kan dit drie nul maak... En Eddie slaap nie deur nie... tik tok tik tok...


Nag ou groene...

Share this article with a friend...