Articles
Sport & School News
15 June 2018

Op Ellispark word geskiedenis gemaak met Siya Kolisi die eerste swart speler wat as kaptein vir die Springbokke op die veld draf.

Kolisi se eerste toets as cappie was baie suksesvol met die Bokke wat van 24-3 agter terugkom en die riller 42-39 te wen.

Rassie het 'n paar oorsese trekvoëls nader getrek wat uiters suksesvol was.

Die speler van die wedstryd, klein generaal Faf de Klerk, het meesterlik op skrummie vertoon ou groene! Hierdie blonde buksie het geen bang haar tussen sy blonde lokke nie. Hy het met slim, vinnige spel die ritme aan die Bokke gegee.

Sy puik oordeel het ook gesorg vir sy eerste toets drie... en die mannetjie het soos 'n staffie onder die bleekbene ingeseil en platgetrek.

Die nuwe vleuelpaar, S'busiso Nkosi (2) en Aphiwe Dyantyi (1), het albei in hul eerste toets agter die doellyn gaan kuier. Veral Nkosi het beïndruk met sy kraglopies en goeie verdediging. Handrè Pollard het ook goed vertoon op losskakel en sy balverspreiding was puik.

Willie le Roux het vir die eerste keer sedert 2015 die Boktrui aangetrek en was die knaap nie lus vir ruggas nie! Hy was die x-faktor wat skitterend van agter in die lyn gekom het en deurgaans gevaarlik op die aanval was.

Voorlangs het die ou jong RG Snyman op slot soos 'n Trojaan te kere gegaan en kon ook maklik as die speler van die wedstryd aangewys word. Hy was iets ysliks en het met verwoede stormlope die Engels op die agtervoet gehad.

Duane Vermeulen het ook sy terugkeer tot die Bokspan en die yster het nie teleurgestel nie. Hy was dodelik op die dekverdediging en het telkemale onder die hoë balle ingeseil en die druk van die agterste driehoek afgehaal. Siya en Jean-Luc du Plessis het goed met Vermeulen gekombineer.

Welgedaan Rassie, die eerste een is in die sakkie, twee om te gaan. Soos jy met Schalk Brits verras, kan jy maar net sowel vir André Esterhuizen op 12 in die span bring.

Nag ou groene... en sterkte Eddie!

 

ANDER UITSLAE:

  • Kanada 10 - 48 Skotland
  • Argentinië 10 - 23 Wallis
  • Australië 18 - 9 Ierland
  • NZ 52 - 11 Frankryk

 

Ander nuus... Die Blitsbokke wen vir tweede agtereenvolgende jaar die Wêreldbeker vir Sewes. Welgedaan Blitse, julle is ysters!

Share this article with a friend...