Articles
Sport & School News
01 June 2018

 Stormers vs Leeus

Op Nuweland verdien die Stormers nie om te verloor nie maar die telbord wys anders. Die Leeus wen 26-23 en behou die eerste plek op die punte tabel in die SA konferensie. Beide spanne sal weer 29 Junie in aksie wees.

 

 

 Bulle vs Brumbies

Die Bulle het wragtig skande gemaak op Loftus ou grote! Hulle verloor 38-28 teen die Brumbies en nou kan daar gesien is waarom daar skaar twee duisend mense op Loftus was. Die Brumbies speel volgende teen die Sunwolwes in Canberra met die Bulle wat eers 29 Junie weer in aksie sal wees.

 

 Rebels vs Sunwolves

In Melbourne het die Rebelle die Japannese wolwe behoorlik afgeslag en wen verspot maklik 40-13. Die Rebels wat tans op die tweede plek in die Aussie Konferensie sit, speel volgende teen die Blues in Auckland. Die Japanners draf volgende teen die Brumbies in Canberra uit.

 

 Jaguares vs Haaie

Die Haaie kon net nie aan die gang kom in Buenos Aires nie ou grote! Hulle verloor 29-13 teen die Argentyne en wat nou met 34 punte op die punte tabel die tweede plek op die Sa Konferensie beklee. Beide die twee spanne speel eers weer op 29 Junie met die internasionale ruggas op die kalender.

 

Crusaders vs Hurricanes

In gietende reën en koue slaag die Saders daarin om die Canes met 24-13 te troef in Christchurch. Die tuisspan het die moeilike omstandighede uitstekend hanteer en bewys hoekom hulle die verdedigende kampioen is. Die Canes draf volgende teen die Highlanders in Dunedin uit met die Saders wat Hamilton toe reis om teen die Chiefs op te daag.

Nag ou grote...

 

Internasionale Ruggas

Wallis en Suid-Afrika pak mekaar Saterdag in 'n geskiedkundige toets in Washington, VSA. Peter-Steph du Toit is kaptein vir hierdie eenmalige toets aangewys.

Die daaropvolgende drie Saterdae speel Suid Afrika teen Engeland in SA met Siya Kolisi die nuwe kaptein vir die drie toetse en soos almal weet Rassie Erasmus is nou die hoof afrigter

Nag ou groene...

 

 

Share this article with a friend...