Articles
Sport & School News
25 May 2018

Rustenburg – Die Hoërskool Rustenburg blaas hierdie jaar 96 kersies uit! Wat ‘n voorreg sal dit wees om te deel in hierdie ryke tradisies en karakter. 


Op Saterdag, 2 Junie om 17h00, word ieder en elk uitgenooi om as feesgangers deel te word van die Hoërskool Rustenburg se feestelikheid. Deel van hierdie ryke tradisie is die jaarlikse kontreifees wat smullekker kosse en aangrypende vermaak met ‘n gesellige atmosfeer oplewer. 


Vanjaar se kontreifees beloof om die fees van feeste te wees. Feesgangers gaan knuppeldik huiswaarts keer nadat hul gesmul het aan pap en kaiings, varsgebakte brood, hoenderpotte, wildspotte, koeksisters en melkkos.  


Die sanggroep, Ses Snare, is verantwoordelik vir die aand se vermaak. Die aand word verder ingekleur deur ‘n opwindende veiling en ‘n wynproe geleentheid wat deur KWV aangebied word.


Kaartjies is beskikbaar by die Hoërskool Rustenburg. Besoek gerus die Hoërskool Rustenburg se facebook-blad vir meer besonderhede. 

Share this article with a friend...