Articles
Sport & School News
11 May 2018

Rustenburg – Die Voortrekkers het ‘n voortreflike kommando kamp by Oppieberg oor die naweek van 20 tot 22 April gehou. Ons was ook oppie-rivier, oppie-fietse, oppie-hindernisbaan en oppie-water.

Ons geniet al die aktiwiteite en avonture van so ‘n naweek! 


Die Verkenners (hoërskool groep) het ywerig deelgeneem aan die Kleurfees en dit baie geniet. 


Vir enige navrae oor die Voortrekkers WA/SMS, skakel Carien van Niekerk by 073-192 8850 of facebook Magalieskruin Voortrekkers. 

Die groep kom op Maandaemiddae van 16h00 by Parkieland vir GrR tot 7 bymekaar, en by RHS vir Gr8 tot 12.  

Van links na regs: Cara en Francois Posthumus, ondersteuningspan; Johan Jordaan, Freddie Huyser, Ghijon de Kock, Eugene Huyser en Martionette Booyse. Carien van Niekerk was die diensdoenende offisier en mede-roeier op die diptrip.
In ‘n goeie luim na die sports oppad berg op. Wat ‘n ervaring om daar by Oppieberg te staan en die son te sien ondergaan! 
Hier is die Staatmakers studentegroep oppad na hul diptrip. Hulle het rivier-af geroei by Broederstroom. Op die foto is Freddie Huyser en Martionette Booyse besig om gereed te maak vir die vaart.  

 

Share this article with a friend...