Articles
Sport & School News
04 May 2018

Hurricanes vs Jaguares
In Wellington was die Japannese Wolwe nie opgewasse vir die kliniese spel van die Canes nie. Die Canes wen gemaklik 43-15 in hulle opmars na die eindstryd. Die Sunwolwes het volgende ‘n loslootjie met die Canes wat teen die Leeus in Wellington gaan uitdraf.

 

Stormers vs Rebels
Op Nuweland wen die Stormers 34-18. Hierdie oorwinning was broodnodig vir die Kapenaars om sodoende hulle vlam van hoop nog te laat brand in die reeks. Die Stormers draf volgende teen die Bulle op Nuweland uit en beloof om weer ‘n riller te wees. Die Rebels draf tuis teen die Crusaders in Melbourne uit.

 

Reds vs Leeus
En daar word koning Leeu se stert geknoop in Sydney met die verrassende sege van die Reds oor die Jo’burgers. Die Reds wen welverdiend 27-22 en is nou derde op die Aussie Konferensie. Die Leeus speel volgende teen die moeilike Hurricanes in Wellington. Die Reds het volgende ‘n loslootjie.

 

Blues vs Jaguares
Die Argentyne maak geskiedenis in Auckland om hulle eerste oorwinning in Nieu-Seeland ooit te behaal en klop die Blues 20-13. Met hierdie wen is die Jaguares ook nou tweede op die SA Konferensie. Die Blues speel volgende teen die Waratahs in Sydney met Jaguares wat Hamilton toe reis om teen die Chiefs te gaan uitdraf.

 

Brumbies vs Crusaders
Die Saders wen hierdie game 21-8 en behou hulle nommer een posisie op die NZ Konferensie. Die Crusaders speel volgende teen die Rebels in Melbourne met die Brumbies wat ‘n loslootjie verdien.

 

Bulle vs Highlanders
So naby en tog so ver het wyle Oom Buurman seker in sy graf laat omdraai ou grote. Die Bulle het met ‘n baie swak besluit, om nie vir die pale te gaan nie, hierdie game op ‘n skinkbord vir die besoekers gegee. Die Highlanders wen hierdie harde stryd 29-28 en beklee nou die derde plek op die NZ Konferensie. Die Highlanders reis Durban toe om teen die Haaie in die Haaitenk uit te draf. Die Bulle op hulle beurt moet die Stormers op Nuweland gaan aandurf.

 

Nag ou grote...

 

Share this article with a friend...