Articles
Sport & School News
04 May 2018

Rustenburg – Vrydag, 27 April, was die amptelike opening van Newrak Impala Rugbyklub se klubhuis vir die publiek, waar AJ van der Mescht ‘n onvergeetlike optrede gegee het. Daar was saam gesing, gedans en lekker gekuier.


Die komende Vrydag, 4 Mei, is op DJ MK op die beurt om te kom vermaak. Kom maak ‘n draai – happy hour is tussen 18h00 tot 19h00 en dan weer 23h00 tot  00h00.

 

AJ van der Mescht hou van goeie musiek en ‘n bymekaarkoms van mense. Dié 32-jarige sanger met die rasperstem het al op ses jaar begin leer kitaar speel en in standerd agt saam met sy hoërskoolmaats die groep Stompdraai gestig. Hul debuutalbum, Joune, is ook deur Vonk Musiek uitgereik. Toe sy musiekmakkers egter na verlede jaar se Innibos-fees besluit het om elkeen sy eie koers in te slaan, het dit AJ weer opnuut aangespoor om Suid-Afrikaanse verhoë aan die brand te sing en sy eie ding te doen. Tans is sy liedjie ‘Vat my hande en my lande’ een van sy top treffers.
Hier makietie Claudine Blacklock en Bruce Lloyd al te lekker saam op die mate van AJ se musiek

 

Share this article with a friend...