Articles
Sport & School News
04 May 2018

Rustenburg – Saterdag, 28 April, was weer een vir die boeke! Platinum Raceway se pawiljoene was vol toeskouers die afgelope naweek tydens die ovals. Hare het gerys van die brullende enjins. 


Rustenburg se drywers het teen Randfontein te staan gekom. 


Platinum Raceway wil van die geleentheid gebruik maak om al hul ondersteuners en elke drywer te bedank. Ook bedank hulle die goedgesindheid van die Randfontein Oval manne. 
Die volgende race vind plaas op 26 Mei. Hou die spasie dop vir meer informasie! 

Die parade van die renjaers is hartlik deur die skare verwelkom.

 

Deon Beukman, 29, staan langs sy Opel Tigra. Deon neem al deel aan wedrenne vandat hy 13 jaar oud is.
Michael de Klerk, 16, ry ‘n golf mk1. Die jong man is al agter die stuur sedert hy 11 jaar oud is!
Van links: Juan Prinsloo, eienaar van Circle Signs en ‘n ovals drywer; en Martin Nortje ook ‘n drywer. Saterdag het die manne besluit om terug te sit en die res van hulle klub se drywers eerder te ondersteun.

 

Share this article with a friend...