Articles
Sport & School News
27 April 2018

Rustenburg – Saterdag, 28 April, is die Ovals weer op die boeke! Dis Rustenburg teen Randfontein!
Kom geniet die aand saam ons; bring jou kinders, ouma, oupa, tannies, ooms en sommer al jou vriende! Bring die cooler box en as jy lus het, kom gooi ‘n vleisie op die vuur. Dis die Womza Noord Wes Regionals rondte 2... Maak gereed vir groot pret! 


Daar sal ook ‘n verskeidenheid kos stalletjies beskikbaar wees.
Die resies klasse sluit in: 1600 stock rods, 1660’s, 2.1 ltrs, flexis, 8 valve midgets, 16 valve midgets, blasters, banshees, en 450 quads. Dan is daar ook die junior Flexis en Rookie Rods as ondersteuning klasse.


Die hekke open om 13h00 en die juniors begin om 14h00. Ingang beloop R60 vir volwassenes, R30 vir kinders tussen 6-12 jaar, R45 vir pensionarisse en dis gratis vir die kleingoed onder ses jaar.

Tommy Wotherspoon, drywer van Randfontein in die 1660-klas.

 


 

Share this article with a friend...