Articles
Sport & School News
26 April 2018

Vodacom Superruggas 2018

Blues vs Highlanders

Die Highlanders wen 34-16 in Auckland teen die Blues op hul tuisveld. Die Blues, onder Tana Umaga, kan net nie aan die gang kom en saam met die groot honde blaf nie ou grote. Die Blues speel volgende teen die Jaguares in Auckland met die Highlanders wat Pretoria toe reis om teen die Bulle op Fort Loftus uit te draf.

Waratahs vs Leeus

Vir 'n beter begin op hulle toer doer onder kon die Leeus nie gevra het nie ou grote! In Sydney stamp die Jo'burgers die Tahs 29-0. Die Leeus se volgende game is teen die Reds in Brisbane. Die Tahs verdien volgende 'n loslootjie.

Crusaders vs Sunwolves

Met 'n middelmatige vertoning klop die Saders die Japannese Wolwe 33-11 in Christchurch. Ongure weer en weerlig het 'n demper op die game geplaas. Die Saders speel volgende teen die Brumbies in Canberra met die Wolwe wat die onaangename taak gaan beleef om teen die Hurricanes in Wellington uit te draf.

Reds vs Chiefs

Die Chiefs was heeltemal te sterk vir die Reds in Brisbane en wen sodoende 36-12 ou grote. Die Chiefs het volgende 'n loslootjie met die Reds wat tuis in Brisbane teen die Leeus gaan uitdraf.

Bulle vs Rebels

Op Fort Loftus wen die Bulle 28-10 teen die Rebelle. Dit was alles behalwe oortuigend maar coach Mitch sal maar die vyf punte met 'n smile vat ou grote. Die Bulle draf volgende op Loftus teen die Highlanders uit, wat beloof om 'n riller te wees. Die Rebels reis Kaapstad toe om teen die Stormers uit te draf.

Haaie vs Stormers

Die Haaie slaag daarin om die Stormers in 'n klipharde game 24-17 te klop en sodoende in die wedloop vir die uitspeel rondes te bly. Vir die Stormers is dit nou opdraande en speel volgende teen die Rebelle in Kaapstad. Die Haaie het 'n loslootjie.

Brumbies vs Jaguares

In Canberra verras die Argentyne en klop die Brumbies 25-20.en behaal hulle derde oorwinning vanjaar. Die Brumbies speel volgende teen die Crusaders in Canberra met die Jaguares wat teen die Blues in Auckland gaan uitdraf.

 

Nag ou grote...

 

Share this article with a friend...