Articles
Sport & School News
13 April 2018

Rustenburg – Die Newrak Rustenburg Impala Rugby klub se Eerstes het toeskouers in vervoering gehad op Saterdag, 7 April, toe hulle die manne van Brakpan op die Bosmanstadion klop met 75-14. Dít was Impala se grootste oorwinning van die seisoen! 


Elf drieë, wat ‘n strafdrie insluit, is by die pale gedruk. Die voorspelers het ses van die drieë gedruk: twee elk deur Bruce Muller, Johan Engelbrecht en Dean van der Merwe. Heelagter André Grobler het drie drieë gedruk, vleuel Dewald Havenga het een drie gedruk en vleuel Dumisani Matyeshana het ook ‘n drie gedruk. Cecil Dumond het sewe verdoel en Johnny Welthagen het drie verdoel.


Impala lê tans derde op die punteleer naas Tukkies en Naka. Welgedaan manne!


Die volgende wedstryd speel Impala teen Naka Bulle op Saterdag, 21 April om 16h00 op Impala se tuisgronde.

Daar is geen keer aan Dumisani Matyeshana, Impala vleuel, nie. Hier breek hy deur die Brakpan span.

 

Share this article with a friend...