Articles
Sport & School News
13 April 2018

Vodacom Superruggas 2018

Hurricanes vs Haaie

In Napier veroorsaak die Durbaniete amper ‘n aardskudding ou grote. Die All Black senter Ngani Laumape druk in die 85ste minuut die wendrie vir die Canes wat dan 38-37 as oorwinnaars van die veld afstap. Die Haaie speel tans kookwater ruggas en reis nou terug SA toe en gaan teen die Bulle uitdraf in die Haaitenk. Hierdie gaan ‘n bulstryd wees ou grote! Die Canes gaan tuis teen die Chiefs in Wellington uitdraf.
 

Sunwolves vs Waratahs

In Tokio was die Tahs heeltemal te sterk vir die moedige Japanese Wolwe en wen verspot maklik 50-29. Die Thas speel volgende teen die Reds in Sydney met die Wolwe wat tuis teen die Blues gaan uitdraf in Tokio.

Chiefs vs Blues

Die Chiefs moes hard spook om die Blues op hul tuisveld in Hamilton 21-19 te klop. Die Blues speel volgende teen die Sunwolves in Tokio en die Chiefs moet teen die Hurricanes in Wellington kragte meet.
 

Brumbies vs Reds

Op hul tuisveld speel die Brumbies waarlik goeie ruggas en klop teen alle verwagtinge, die Reds met 45-21. Die Brumbies speel volgende teen die Highlanders in Dunedin wat ‘n taai toffie gaan wees ou grote. Die Reds draf teen die Waratahs in Sydney uit.

Leeus vs Stormers

In Jo’burg raak koning leeu toe agro en verwoes die Kapenaars ou grote. Die Leeus wen 52-31 en gee die Kapenaars ‘n geniepsige pakslae. Vir die Leeus het die nuweling vleuel Madosh Tambwe ‘n droom game gehad. Hierdie 20-jarige yster druk vier skitter drieë! Elton Jantjies het ook sy beste game in twee jaar gehad. Vir die Stormers het Pieter-Steph du Toit ‘n reuse game gehad op flank. Die Leeus het ‘n welverdiende loslootjie volgende week en gaan dan op ‘n toer doer onder. Die Stormers kan ook hulle wonde lek en het ook ‘n loslootjie.

Jaguares vs Crusaders

In Buenos Aires klop die Saders die Argentyne op ‘n drafstap 40-14. Die Jaguares het nie antwoorde gehad op die vrae wat die Saders op die aanval gehad het nie. Die Saders het dan ook ‘n loslootjie volgende met die Jaguares wat Melbourne toe reis om teen die Rebels uit te draf.

Share this article with a friend...