Articles
Sport & School News
06 April 2018

Chiefs vs Highlanders
Kiwi ruggas op sy beste ou grote met die Chiefs wat as wenners uit die stryd tree en wen 27-22. Die kompetisie tussen die Kiwi spanne lewer weekliks puik spel op. 
Die Chiefs speel volgende teen die Blues in Hamilton met die Highlanders wat ‘n welkome ruskans gaan geniet met ‘n loslootjie.

Rebels vs Hurricanes
In Melbourne loop die Rebelle hulself vas in dodelike verdediging en ‘n agterlyn arsenaal genaamd die Barret mortiere ou grote. Die Canes verwoes enige planne wat die Aussies moontlik gehad het en wen verspot maklik 50-19. Die Canes gaan moeilik geklop word vanjaar met die soort ruggas wat hulle opdis, smaaklik en lekkerrrrrr. Kookwater!
Die Canes speel volgende teen die Haaie in Napier en die Rebels het ook ‘n welverdiende loslootjie.

Blues vs Haaie
In Auckland word daar geskiedenis gemaak en die Haaie is darem aan die positiewe kant met díe gebeurtenis. Die Haaie word die eerste SA span wat die ooit ‘n Super Game in Auckland wen en teken ook die hoogste telling ooit teen die Blues aan. Die Haaie wen hierdie skouspel waar meer as honderd punte aangeteken word met 63-40. Die Haaie se losskakel, Robert du Preez, slaag met dertien uit dertien pogings pale toe en druk boonop ‘n puik drie vir ‘n persoonlike bydrae van 38 punte. Kleinboet Jean-Luc was die beste speler op die veld en was ‘n handvol met sy dryfwerk, balhantering en verdediging.
Die Haaie draf volgende teen die omgekrapte Hurricanes in Napier uit en die Blues reis Hamilton toe om teen die Chiefs te gaan kragte meet.

Bulle vs Stormers
Op Fort Loftus verras die Bulle vriend en vyand en skrum die Kapenaars pap ou grote. Die Bulle wen welverdiend 33-23 teen die Stormers. Die oud Bok cappy, Adriaan Strauss, stel ‘n nuwe Suid Afrikaanse rekord op en word die mees ervare speler vir SA in Super Rugby geskiedenis. Strauss het die rekord gedeel met Victor Matfield met 148, maar draf in sy 14 de keer uit. En dis nie al nie ou grote! Adriaan behaal boonop ‘n driekuns met drieë, wat dalk ook ‘n rekord vir ‘n haker is.
Die Bulle het volgende ‘n loslootjie met die Stormers wat Jo’burg toe reis om teen die gekweste Leeus te gaan uitdraf.

Leeus vs Crusaders
Op Ellispark verloor die Leeus ongewoon vir twee keer agtereenvolgende Saterdae. Die Saders wen hierdie klipharde game 14-8. Die Lions het dalk kommer oor hulle diepte ou grote, maar cappie Warren se skete is dalk iets van die verlede en hy kan weer yslike waarde toevoeg tot Leeuplesier.
Die Leeus speel volgende teen die Stormers in Jo’burg uit wat beloof om ‘n riller te wees. Die Crusaders reis Buenos Aires toe om teen die Jaguares uit te draf.

Net so terloops proffie... die Pukke en Maties speel in die Varsity Beker finaal in Stellenbosch op 16 April.

Nag ou grote...

Share this article with a friend...