Articles
Sport & School News
02 March 2018

Crusaders vs Chiefs
In Christchurch klop die 2018 Kampioen die Chiefs 45-23. Tien minute voor die einde was die Saders 26-23 voor, maar na ‘n omstrede strafdrie teen die Chiefs, het hulle die kluts kwyt geraak op verdediging. Die Chiefs speel volgende teen die Blues in Auckland met die Saders wat teen die Stormers gaan uitdraf in Christchurch.

Brumbies vs Sunwolves
In Tokio was die Brumbies met rustyd 15-19 agter maar klop die Wolwe uiteindelik 32-25. Die Japannese lyk na ‘n veel beter span as in 2017 onder die nuwe coach Jamie Joseph. Die Wolwe speel volgende tuis teen die Rebels in Tokio. 

Waratahs vs Stormers
In Sydney verloor die Kapenaars nadat die sirene reeds geblaas het 34-27. Die Stormers het goed geskrum maar die span in geheel kon nie afrond nie. Die Stormers speel volgende teen die Crusaders in Christchurch. Die Tahs reis Durban toe om teen die Haaie uit te draf.

Leeus vs Jagaures
In Jo’burg wen die Leeus 47-27 maar o wee soveel foute is nog steeds gemaak. Hopelik sal hulle in die groot stryd op Fort Loftus teen die Bulle meer akkuraat wees. ‘n Verrassing van die Leeu coach is dat die Bok slot Franco Mostert op flank teen die Bulle gaan uitdraf.

Bulle vs Hurricanes 
Op Fort Loftus klop die Bulle die Canes welverdiend 21-19 in ‘n titaniese stryd. RG Snyman het op slot ‘n ystervertoning gelewer. Handrè Pollard self het ‘n goeie game gehad op tien. Die Bulle speel volgende teen die Leeus op Loftus wat beloof om ‘n riller te wees. Die Hurricanes draf teen die Jaguares uit in Buenos Aires.

En so terloops, Skotland klop toe die Bleekbene, vat so Eddie...

Nag ou grote...

Share this article with a friend...